Ek is al vir die laaste amper twee jaar besig met ‘n boek, en soos meeste mense wat al probeer het om ‘n boek te skryf sal getuig, dit is glad nie maklik. Sien, ek het besluit destyds, dat ek gaan my ondervindings gebruik om die jeug te “educate”, basies die ou gesegde: “Do as I say, dont do as I do.”, of eerder “As I did” in my geval. Die jeug van vandag is baie vatbaar vir die plesier van die vlees, so veel meer as wat ons was en so veel meer as wat ons kan dink. Soft-porn, op E-Tv elke saterdag aand, geweldadige stories op TV, taal gebruik, en ‘n ewige vermakliking in die aan koop van dwelms. Mense dink soms dat ‘n “drug dealer” nie sal verkoop aan kinders nie, maar dit is, net soos sigarette, hul “target” mark daardie. As jy iemand gehoek kan kry vir lewe dan het jy ‘n stabiele inkomste van daardie armsalige siel. So, basies, my boek is gefokus op ‘n paar sleutel faktore, dwelm misbruik, drank misbruik, dagga, voor-huwelikse sex en geloof. Ek wonder soms hoekom ek die dom dinge gedoen het wat ek het so paar jaar gelede, maar ek probeer vir myself sê dat, alhoewel dit nie goed was vir my nie, ek dit kan gebruik om die jong kinders te beskerm teen onnodige pyn, lyding en verslawing. Ek sien uit daarna om na my eksamens weer bietjie tyd te kan maak vir my “work in process” boeke waarmee ek besig is, buiten vir die laas genoemde boek, is daar nog ‘n boek van kortstories waarmee ek besig is. Ek het eendag die vers uit die Bybel in my kop gekry “The sins of the fathers…”, en ek het gedink dit sal ‘n baie goeie storie maak. Die boek se kern idee is dit; daar is ‘n paar kinder karakters wat sekere “hardship” in hul lewens ondervind as gevolg van hul vaders se doen en late toe die kinders nog jonger was. Huidiglik het ek die begin van drie van die kortstories begin skryf, maar weereens, dit is nie so maklik soos mense dink dit is nie, ‘n gedig is 10 minute, 30 minute tops, maar ‘n boek is bladsye en bladsye van idees wat moet deurkom, in die proses moet mens nog tret hou in watter “tense” jou storie geskryf word. Dit is so maklik om van eerste persoon perspektief na derde persoon perskektief, plus van hede na verlede of vice versa. Maar ek gaan die boeke klaar maak, wees verseker daarvan!
Laaste gedagte. Ek het onlangs by die kerk se jeugsentrum begin uithang op vrydae in stede van die pub soos die laaste paar jaar se retueel was. Dit is baie lekker en ek geniet dit om saam met jongmense te kuier want dit is waar my pasie lê. Ek wil jongmense help en leer uit my ondervindings. Wel, nou sit ek met die probleem dat ek dalk volgende jaar Pretoria toe sal moet trek, en ek wil nie by ‘n ander kerk se jeug in skakel nie. Vir een of ander rede voel ek, ek moet by hierdie kerk betrokke wees en ek sal enigiets doen om by hierdie kerk se jeugaktiwiteite betrokke te wees, al beteken dit ek moet elke naweek in Kempton wees net vir dit, sal ek dit doen. Ja dit beteken SO baie vir my.
Wel tot later. Geniet my swak spelling mense!
Posted in Random Blabbering
Recent Comments